CSOS Connect nou aktief

CSOS Connect is 'n digitale platform van CSOS, ontwerp om alle interaksie met CSOS maklik en moeitevry te maak, alles vanaf jou mobiele toestel of skootrekenaar, in die gerief van jou kantoor en huis.

CSOS Connect is 'n digitale platform van CSOS, ontwerp om alle interaksie met CSOS maklik en moeitevry te maak, alles vanaf jou mobiele toestel of skootrekenaar, in die gerief van jou kantoor en huis.

Published Mar 9, 2023

Share

Die Gemeenskapskema-ombudsdiens (The Community Schemes Ombuds Service - CSOS) is nou Aktief met sy nuwe en gebruikersvriendelike digitale oplossing wat jou CSOS-dienste bied, alles in die palm van jou hand en op jou vingerpunte.

CSOS Connect is 'n digitale platform van CSOS, ontwerp om alle interaksie met CSOS maklik en moeitevry te maak, alles vanaf jou mobiele toestel of skootrekenaar, in die gerief van jou kantoor en huis.

Ons oplossing sluit huidiglik verskeie funksionaliteite in, soos skemaregistrasie, inkomste, gebruikersinstandhouding en kliënteverhoudingsbestuur, met meer funksies oor Skemabestuur en -dispute, om te volg.

Skemaregistrasie - hierdie funksionaliteit sal die CSOS Connect-gebruikers in staat stel om 'n skema op die CSOS Connect-platform aanlyn te registreer sonder dat dit nodig is om óf fisieke besoek aan CSOS te bring óf handgeskrewe vorms in te dien. Die funksionaliteit sal jou ook in staat stel om wysigings aan die skema aan te bring, die skema onder jou spesifieke agentskapprofiel te koppel, die skema te deaktiveer en van jou profiel te ontkoppel, en by suksesvolle registrasie van ‘n skema sal gebruikers 'n registrasiesertifikaat verkry. Op die Admin-portaal sal Gebruikers 'n skema kan bestuur, skemas wysig en dokumente vir die skema kan oplaai.

Kliënteverhoudingsbestuur (CRM) – Ons inbelsentrum sal navrae vir skemaregistrasie kan aanteken en hersien. CRM sal 'n verslagfunksie hê wat 'n gedetailleerde geskiedenis van die skema vanaf registrasie, alle wysigings en navrae wat aangeteken is, insluit. CRM sal 'n oorsig hê van die skema en gebruiker van CSOS Connect en in staat wees om kliënte te help en met meer akkurate inligting te lei wanneer hulle ons Inbelsentrum skakel.

Inkomste

Gebruikers sal 'n toewysing van ontbrekende betalings kan aanteken, heffingbetalings kan maak en die heffingrekenaar op die platform kan gebruik. Gebruikers sal ook faktuurdispute kan aanteken en terugbetaalings op die oplossing kan versoek. Alle navrae sal na die inkomstespan gaan wat in staat sal wees om navrae te hersien en te help metnavrae.

Gebruikersinstandhouding

Gebruikers sal in staat wees om hul profiel op die portaal te kan skep, die profiel te kan verander en wysig, hul wagwoord verander en adviseer oor die voorkeurkommunikasiekanaal (bv. e-pos, SMS.) Die gebruiker sal hom- of haarself kan koppel aan 'n skema en wysigings maak waar nodig.

Ons sien daarna uit om jou te help om jou gemeenskapskema na ons nuwe digitale platform te migreer. Tot op hede het ons meer as 658 gemeenskapskemas geregistreer, met 'n paar hangende voltooiings, wat die nuwe digitale platform gebruik.

Skemas wat hulp benodig met die voltooiing van hul registrasie is welkom om ons vriendelike inbelsentrumagente by 080 000 0653 te skakel of www.csosconnect.org.za te besoek om hul gemeenskapskemaregistrasie te voltooi. CSOS is 'n staatsbeheerde entiteit wat ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 beheer word en ingevolge die Wet op

Gemeenskapskema-ombudsdienste, 2011 (Wet 9 van 2011) ingestel is om die optrede van partye binne die gemeenskapskemas te reguleer en om goeie bestuur te verseker.

CSOS is 'n reguleerder en Ombud vir alle gemeenskapskemas in Suid-Afrika. Gemeenskapskemas is woonreëlings waar daar 'n gedeelde gebruik van en verantwoordelikheid vir grond/geboue is, soos deeltitels, huiseienaarsverenigings, aftreeoorde, behuisingskoöperasies en aandeleblokmaatskappye.

CSOS het op 7 Oktober 2016 in werking getree met 'n mandaat om geskilbeslegtingsdienste ingevolge die Wet te ontwikkel en te verskaf; opleiding aan gemeenskapskemas en huiseienaarsverenigings te verskaf; om die kwaliteit van alle gemeenskapskemas se bestuursdokumentasie en ander skemadokumente te reguleer, te monitor en te beheer.

CSOS doen verslag aan die Minister van Menslike Nedersettings en is aanspreeklik aan die Parlement.